Herstellende Geregtigheid - Dr. Charles Flaendorp

Loading player...
Freek Vermaak se aangrypende lewensverhaal het aan hom die platform gebied om al vir 24 jaar ‘n inspirasie te wees vir baie. Dit bemoedig oud en jonk in tronke, skole, rehabilitasie sentrums, sport spanne, kerke en besighede met ‘n kragtige boodskap van hoop!

Freek se van is nie verniet, Vermaak nie. Hy is passievol om vermaak aan mense te verskaf wat hulle verfris en geestelik, liggaamlik en emosioneel opbou en versterk. Dit is Freek se doelwit in die lewe om sy gawes en talente te gebruik om God te verheerlik en om mense aan die Here Jesus Christus voor te stel. Freek is tans die aanbieder en vervaardiger van die 'Baasraak saam Coach Freek' Potgooi (Podcast) program. Op die program gesels hy met mede baasraakers oor hoe hulle, hul omstandighede, uitdagings, probleme en terugslae in hulle lewe baas geraak het deur God se genade.

Nuwe episodes word weekliks opgelaai. Teken in op sy kanaal om seker te maak jy mis nie uit
30 Mar 2023 Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Baasraak binne die Voorberg Med B Korrektiewe Sentrum

Luister na hierdie kragtige opname van ’n herlewingsdiens wat die Baasraak-span op 24 Oktober 2021 by Voorberg Med B Korrektiewe Sentrum gehou het. Hierdie diens is gevul met hoop, herstel en die boodskap dat niemand te ver is van God se genade nie. Selfs agter tralies werk God steeds in…
1 Feb 1 hr 56 min

God se wenresep tot 'n lewe van oorwinning - Coach Freek

In hierdie kragtige kort preek deel Coach Freek ’n lewensveranderende boodskap gebaseer op die verhaal van die verlore seun. Wat het hy moes doen om uit die varkhok te kom? Daar is 'n geestelike wenresep — God se eie strategie — wat, as jy dit toepas, jou sal help om…
23 Jul 2025 15 min

Jaco Pitzer - Die Volle Potgooi Episode

🎙 Baasraak saam Coach Freek – 'n Gesprek met Jaco Pitzer In hierdie kragtige en eerlike episode gesels Coach Freek en die manne met Jaco Pitzer – seun van die legendariese BlouBul en Springbok-haker Gys Pitzer Snr., wat tussen 1967 en 1970 in 12 toetse vir die Bokke gespeel het…
9 Jul 2025 2 hr 17 min

My gebed was, Here maak my 'n man asseblief? - Atman Samuels

In hierdie kragtige episode van die Baasraak saam Coach Freek Potgooi deel Atman Samuels sy roerende getuienis – 'n eerlike reis van stukkend wees na herstel, en hoe God hom gevorm het tot 'n man na Sy hart. Atman neem ons saam na die oomblik waar hy op sy knieë…
6 Jul 2025 2 hr 09 min