
Polisiekaptein vas vir dagga-handel
Loading player...
‘n Polisiebeampte verskyn vandag in die hof in Sabie op aanklagte van handel in dagga. Volgens die polisie is hy Vrydag aangekeer toe sekuriteitswagte op patrollie ‘n polisievoertuig in ‘n plantasie opgemerk het. Die polisiekaptein en ‘n man in ‘n polisie-oorpak was in besit van meer as 22-kilogram se dagga met ‘n geraamde straatwaarde van 33-duisend-Rand. Die polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, sê die kaptein het met die polisievoertuig probeer ontsnap en het na bewering die sekurtietswagte probeer omkoop. Sy medepligtige het te voet gevlug.