
Weduwee van vermoorde hoofman in haar huis doodgeskiet
Loading player...
Die weduwee van die vermoorde hoofman van die Mnisi-stam is in die vroeë oggendure in haar huis in Calcutta doodgeskiet deur. Volgens die polisie is Charlene Felicity Mathews verskeie kere in die kop getref. Twee manlike familielede is ook gewond. Mathews se man, Clyde Mnisi, is op 26 Maart naby die Kruger Mpumalanga Internasionale-lughawe deur vyf swaar gewapende mans vermoor. Hy sou volgende maand verhoor word as ‘n vermeende ringkop in ‘n renosterstropingsindikaat. Die motief vir die moord op Mathews is tans onbekend. Niemand is nog aangekeer nie.