
Polisiebeampte deur vermeende dieseldiewe doodgeskiet
Loading player...
‘n Lid van die polisie se misdaadintelligensie-eenheid in Middelburg is doodgeskiet en sy kollega gewond toe hulle gereageer het op inligting rakende die diefstal van diesel by ‘n myn. Volgens woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, kaptein Dineo Sekgotodi, het die beampte en sy kollega van die Middelburg-speurdiens in die vroeë oggendure op inligting van ‘n informant gereageer. Onderweg na die betrokke myn naby die N4 het hulle ‘n dieseltenker gewaar en voorgekeer. Drie mans het uitgeklim en op hulle losgebrand.