
Groen Skerpioene ondersoek rioolstorting in Laeveld botaniese tuin
Loading player...
Die Groen Skerpioene in Ehlanzeni het aangedui dat hulle volgehoue rioolstortings in die botaniese tuin in Mbomebla gaan ondersoek. Volgens die DA, wat die klag ingedien het, oorstroom die Silulumanzi-rioolpompstasie in die tuin sedert 2018 en vloei dit ook in die Krokodil- en Nelsriviere in. Partylid, Bosman Grobler, sê die situasie word vererger deur beurtkrag.