Lunch Punch: Reyno & Heidi Wepener oor die Boelie Issie Cool Nie film

Loading player...
Boelies is oral - op skool, by die werkplek en selfs in die kuberruim. Die impak wat boeliegedrag op iemand se lewe kan hê, is dikwels reusagtig en in 99% van die gevalle is dit baie negatief.

Reyno Wepener, die bemarker van die ATKV-Buffelspoort-vakansieoord, is saam met sy vrou Heidi betrokke by kinderbediening. Uit die aard van haar werk as spelterapeut en maatskaplike werker, is die egpaar deeglik bewus van die negatiewe gevolge wat boelies se gedrag op kinders kan hê. Reyno werk ook baie saam met skole wat die oord besoek en in sy gesprekke met onderwysers en skoolhoofde duik boeliegedrag gereeld op. Natuurlik is dit nie net tot skoolkinders beperk nie. Dít het die saadjie by Reyno geplant om ’n kortfilm te maak waarin boeliegedrag aangespreek word, maar wat ook hoop moet gee - selfs vir diegene wat hulle skuldig maak aan ’n geboelie.

Kunstenaars met wie Reyno al dikwels saamgewerk het, is Cor en Letitia Uys, beter bekend as oom Karoolus en Lente. Reyno het sy idee met Cor en Letitia gedeel, en daar is sommer gou saamgestem dat ’n kortfilm, gemik op laerskoolleerders, die ideale manier sou wees om hierdie groot olifant in die kamer aan te spreek.
19 Apr 2023 Afrikaans South Africa Music

Other recent episodes

Route326: Stef Bos oor 'Die Lewe Moet 'n Wals Wees'

Anelma loer in by Stef Bos. Met ‘n uitverkoopte vertoning (Stef Bos - Die Lewe Moet 'n Wals Wees) by die Fairtree Atterbury Teater, is daar geen bemarking nodig nie. Anelma gesels met hierdie ikoon van ‘n kunstenaar wat oor kontinente reis, taal en tyd spronge maak en elke liedjie…
27 Jan 26 min

Route326: Praating met Peach van Pletzen AKA Groothond

Peach van Pletzen van Praating, kry hierdie keer die Q’s en moet die A’s gee... Francois van Rensburg en Anelma van Heerden van #Route326 op GROOTfm 90.5, draai die kaarte om en gaan besoek hom in sy ateljee ‘Planet Awesome’ in Johannesburg. Groothond leer hulle hoe om te blaf en…
23 Jan 34 min