
Vermeende transitorower bly in aanhouding
Loading player...
‘n Vermeende transitorower wat gister in die Kabokweni-landdroshof verskyn het, bly in aanhouding tot Maandag wanneer hy vir borgtog aansoek kan doen. Zakhele Mnisi (39) is Vrydagmiddag aangekeer na ‘n transitoroof tussen Mkhulu en Hazyview. Volgens die Valke het sowat sewe gewapende aanvallers in drie voertuie ‘n G4S gepantserde voertuig beroof en met ‘n onbekende bedrag kontant gevlug. ‘n Helikopter van Fidelity wat besig was om ‘n ander geldwa te vergesel kon die verdagte help aankeer. Die woordvoerder van die Valke, Kaptein Dineo Sekgotodi: