Mevrou het krag nodig om die toilet te trek

Loading player...
Geen Mevrou se lewe is volmaak as daar nie ten minste een keer ‘n dag oor beurtkrag gekla kan word nie. Dit klink deesdae al hoe meer idillies om te kan lewe sonder ‘n tradisionele Eskom krag aansluiting en om nie meer hartkloppings te hoef kry as die nuwe beurtkrag probleme op die buurt se Whatsapp groepie deurkom nie.
In episode 11 van Mevrou Mevrou, vertel Gerda de Sousa van ‘n lewe sonder ‘n krag aansluiting en ‘n daaglikse beurtkrag skedule, en Dianne Broodryk erken sy soek nie krag om te stryk nie….
15 May 2023 Afrikaans South Africa Comedy · Personal Journals

Other recent episodes

40 is Fabulous III

Die maand van Jacaranda FM se 40ste verjaarsdag feesvieringe is nou verby, en Mevrou is weer op die voete. Dis tyd vir nabetragting en om wenke aan die jonger geslag uit te deel. Gerda de Sousa het gesien hoe die jongmense nog nie regtig weet wat dit verg om vir…
1 Jun 19 min

40 is Fabulous II

Mevrou mag haar jare goed dra: jonk van gees en van vlees. Wat die geheim agter haar ware ouderdom egter verklap, is die plooie wat tussen haar oë vasklou, selfs wanneer sy nie eers kwaad is nie. Dianne Broodryk gaan oor tot aksie en maak ’n afspraak om Gerda de…
25 May 20 min

40 is Fabulous I

Mei 2026 is die maand waarin Jacaranda FM haar 40ste verjaarsdag vier. Aangesien hierdie radiostasie 'n groot deel van albei hulle lewens is, het Gerda de Sousa en Dianne Broodryk besluit om dit te vier op die beste manier wat hulle kan – deur hulde te bring aan hulle veertigs…
18 May 27 min

Mevrou vier die veertigs

Mevrou Mevrou is terug met ’n spesiale mini-reeks om Jacaranda FM se 40ste verjaarsdag te vier. In egte Mevrou styl, wonder Gerda de Sousa en Dianne Broodryk nie net hoe veertig deesdae lyk nie - hulle gaan ook oor tot aksie. Die Mevrouers lag, kla, knyp die oë toe, vra…
15 May 1 min

Mevrou onthul hoe 2025 moontlik haar lewe gered het

Mevrou kyk terug op die jaar wat was, en al die kere wat dit gevoel het of daar ’n slang was wat reg gelê het om te pik. Dié jaar was egter nie net een van weg hardloop van slange nie, Mevrou het ook ’n paar goeie lesse geleer en…
14 Dec 2025 24 min