Drie vermeende rowers gesoek in Acornhoek
Loading player...
Drie vermeende rowers moes Dinsdagaand vlug vanaf die toneel waar hulle 'n vrou in haar huis met 'n vuurwapen aangehou het, nadat sy die wapen by hulle afgeneem het.
Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, het die voorval in Timbavati Trust in Acornhoek gebeur.
Die reeksnommer van die rewolwer wat die verdagtes op die toneel agtergelaat het, was afgevyl.
'n Saak van poging tot roof word ondersoek. Enigiemand met inligting is gevra om speurder Luitenant-Kolonel Aaron Digoro te kontak by 082-318-9925.