
Verdagtes vas wat glo selfoontoring-batterye steel
Loading player...
Die polisie in Tonga het Dinsdagaand 'n deurbraak gemaak toe hulle twee mans in besit van vier selfoontoring-batterye aangekeer het naby Komatipoort. Volgens die polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, is hulle bewus gemaak van 'n verdagte Nissan-bakkie wat by die geslote terrein van die toring teenwoordig was. Die twee Zimbabwiese burgers is gearresteer na 'n jaagtog te voet.