
Mpumalanga begin ondersoek na Mkhondo-munisipaliteit se finansies
Loading player...
Die DA het die forensiese ondersoek verwelkom wat die provinsiale regering in Mkhondo-munisipaliteit van stapel gestuur het. Irene Brussow, die DA-koukusleier in die munisipaliteit, sê haar party en ander belanghebbendes vra al jare dat beweerde wanadministrasie en wangedrag ondersoek word. Die ondersoek is deur die LUR vir samewerkende regering, Mandla Msibi, gelas in terme van seksie 106, en behoort binne 60 dae afgehandel te wees.