
LUR besoek sentrum vir vroeë kinderontwikkeling in Mbombela
Loading player...
Die LUR vir onderwys in Mpumalanga, Bonakele Majuba, sê sy departement is besig om sentrums vir vroeë kinderontwikkeling in die provinsie te professionaliseer. Hy het vanoggend besoek afgelê by die Thembelihle-vroeëkinderontwikkelingsentrum in Mbombela om die vordering te monitor sedert dié sentrums aan sy departement toegewys is. Ten einde matrikulante te motiveer, sal hy vanmiddag ook graad 12-leerlinge van vyf skole in Matsulu toespreek. Die departement teiken ‘n matriekslaagsyfer van 83-persent, op van die 76-komma-8-persent wat verlede jaar in die provinsie behaal is.