Lunch Punch: Club 21 se Izelle Els & Amanda Fourie oor The Sound of Music in Atterbury Kollig

Loading player...
Die missie van Club 21 is om 'n weg te baan vir kinders met Downsindroom in Suid-Afrika en uiteindelik die res van die wêreld. Izelle Els, die stigter van Club 21 en hoof, Amanda Fourie, kuier in die ateljee om meer te vertel oor die verhoogproduksie, The Sound of Music, ten bate van hierdie leersentrum.

Weens 'n oorweldigende openbare aanvraag na verlede jaar se produksie, is The Sound of Music terug.

The Sound of Music is 'n musiekdrama, met Chris Coetzer (een van die 3 tenore van Suid-Afrika), Marlene Bezuidenhout (liedjieskrywer en sangeres) en Club 21 Learning Centre (studente met Downsindroom). Liedjies sal insluit: The Hills are Alive, Sixteen Going on Seventeen, My Favorite Things, Do-Re-Me, Climb Ev’ry Mountain, The Lonely Goatherd en Edelweiss. Jou hart sal aangeraak en getem word deur Maria, Kaptein von Trapp en die kinders.
26 May 2023 Afrikaans South Africa Music

Other recent episodes

Route326: Stef Bos oor 'Die Lewe Moet 'n Wals Wees'

Anelma loer in by Stef Bos. Met ‘n uitverkoopte vertoning (Stef Bos - Die Lewe Moet 'n Wals Wees) by die Fairtree Atterbury Teater, is daar geen bemarking nodig nie. Anelma gesels met hierdie ikoon van ‘n kunstenaar wat oor kontinente reis, taal en tyd spronge maak en elke liedjie…
27 Jan 26 min

Route326: Praating met Peach van Pletzen AKA Groothond

Peach van Pletzen van Praating, kry hierdie keer die Q’s en moet die A’s gee... Francois van Rensburg en Anelma van Heerden van #Route326 op GROOTfm 90.5, draai die kaarte om en gaan besoek hom in sy ateljee ‘Planet Awesome’ in Johannesburg. Groothond leer hulle hoe om te blaf en…
23 Jan 34 min