Cornelie Quinn, die organisateur van die ATKV Applaus Projek. Hierdie ongelooflike kompetisie, wat die oudste skoolkoorkompetisie in Suid-Afrika is, het meer as 20,000 leerders van regoor die land en Namibië na die verhoog gebring. Cornelie deel die geskiedenis en die groei van die projek, wat hierdie jaar sy 48ste herdenking…
In hierdie week se Kopskuif gesels Mercia Eksteen met Nadine Fouché-Karsten, taalkundeskrywer en -navorser by die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA). Nadine deel praktiese riglyne oor hoe om taalnavrae te rig, verduidelik die waardevolle hulpmiddels wat VivA aan Afrikaansonderwysers bied, en gee ’n kykie in hulle werkswinkel oor kritiese taalbewustheid.
In hierdie episode van Kopskuif gesels Mercia Eksteen met Lizette van Huyssteen, stigter van die Practica Program, oor hoe kleuters van kleins af ’n natuurlike aanvoeling vir wiskunde kan ontwikkel. Ontdek hoe hierdie vaardigheid nie net leer help nie, maar ook die lewe later vergemaklik en nuwe deure oopmaak.
Lydia Jaquire van die ATKV-jeugtak Kultuurkatte is op 2 Augustus die gas op Kopskuif. In hierdie gesprek deel sy hoe die ATKV ’n onwrikbare baken is vir die krag, kultuur en kreatiwiteit van ons gemeenskappe. Lydia praat oor die belangrike rol wat die ATKV speel in die ontwikkeling van jong…
Anél Wood, dramaghoeroe, vryskutstorieverteller, aktrise, stemkunstenaar en digitale skepper, op Kopskuif.Kom luister hoe Anél vertel van die rol wat ATKV-Tjokkertoneel in die ontwikkeling van kinders speel en die vaardighede wat deur hierdie projek by kinders tuisgebring word. Verder gesels Anél oor die ryk taalskat van Afrikaans en die kreatiewe ATKV-veldtogte…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.