Nagsê Here #5

Loading player...
Goeie naand,

Mense het maar ‘n manier van kommunikasie met woord en daad selfs met lyftaal of "houdinkies". Wyse raad van my pa was altyd as jy iets wil sê dink of dit waar is, of dit nodig is en of dit vriendelik is. As een van die drie ontbreek bly eerder stil.

Nou die aand met Spreuke 17 lees ek die laaste twee verse. “Wie sy woorde inhou, besit kennis; en hy wat kalm is van gees, is 'n man van verstand. Selfs 'n sot sal as hy swyg, vir wys gereken word; as hy sy lippe toehou, vir verstandig.” Dit is mooi woorde gelees maar bitter moeilik om te leef.

Sommige mense het net die vermoë om jou nerfdermpie van emosies te prikkel.
Gedagtig aan die teks wil ek of moet ek Die Here vra ‘hoekom het Hy my gemaak soos ‘n ou ramkiekie met net een snaar, daardie een nerfdermpie wat so maklik getokkel kan word en nie ‘n harp met baie snare nie’. In jou lewe dalk ook, so maklik word emosies geraak wat jou kalmte versteur. Raak net aan daardie een snaar en jy raak deurmekaar. Jou oë blits vonke, jou houding verstyf, op die ou einde tref dit jou tong en jou lippe open. Woorde vlieg uit en iemand skreeu “Bel die polisie”.

Het jy maar met kalmte in wysheid opgetree maar nou sit jy met ‘n rooi gesig en dink dit was dwaas gewees, het ek maar geswyg. Ons is al almal deur sulke gevalle. Die “jammer sê” erkenning kom na die woorde gesê. Mag jy ook vanaand soos Dawid in
Ps 131 vers 2 sê: “Ek het rus en kalmte gevind. Soos 'n kindjie wat by sy moeder tevredenheid gevind het, so het ek tevredenheid gevind.” Mag jy vanaand kalmte en rus by Die Here, jou Skepper vind, Hy bied jou tevredenheid al sou omstandighede en mense jou ontstel.

Sy Liefde en Sorg, hou jou in toom en speel ‘n wiegelied, al is daar net een snaar.

AMEN

Nagsê Here
6 Jun 2023 12PM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Nagsê Here #45

Goeie Naand, Hoevele male het jy nie al gehuiwer om die regte woorde te vind nie. Selfs met gebed sukkel jy, wat is dit wat jy graag wil bid, wil vra, wil afsmeek by Die Here. Jy wil nie selfsugtig klink nie, ook nie te desperaat nie, miskien wonder jy…
27 Aug 2023 3AM 2 min

Nagsê Here #44

Goeie Naand, Die dinge of goeters wat met mens gebeur, baie keer deur eie keuses, dom keuses of onwetend laat jou nogal met hande in die hare. Hoe gaan jy deurkom, hoe gaan jy oorlewe, hoe kan jy dinge regmaak, wat moet jy antwoord en aan wie, wat moet jy…
27 Aug 2023 2AM 2 min

Nagsê Here #43

Goeie Naand, Dink jy Die Here het ‘n droom vir jou? Sou dit beter klink as die vraag is; het Die Here het gedroom en jou vir ‘n doel geskep hier op aarde? Miskien wil jy nou antwoord dat die lewe geen droom wêreld is nie, met dit gesê kan…
27 Aug 2023 2AM 2 min

Nagsê Here #42

Goeie Naand, Jy lees ook Die Bybel en soms tref verse jou net anders asof jy dan eers die werklike betekenis verstaan. Die onlangse jare het my ook deur spanningsvolle tye gebring en vrae na waarheid en opregtheid. Willens en wetens het ek ook gewaag waar engele sou huiwer, mense…
27 Aug 2023 2AM 3 min

Nagsê Here #41

Goeie Naand, Hoe lekker sal dit nie wees as almal saam kan lag en vrede hê nie? Sou jy gevra word wat hoop beteken, sal jy kan antwoord dat almal gelukkig moet wees? Kyk en luister maar na mense, feitlik almal beleef een of ander tyd mislukte verhoudings, seerkry verhoudings,…
20 Jul 2023 2AM 2 min