
Curriebeker: Betekenisvolle wen vir Stonehouse
Loading player...
Die Airlink Pumas se oorwinning van 27-17 Vrydag oor die Griekwas in Kimberley was genoeg om die verdedigende Curriebeker-kampioen van sy plek in die halfeindronde van vanjaar se kompetisie te verseker. Hulle speel Saterdag in Durban teen die Haaie, terwyl die Bulle die Cheetahs in Bloemfontein pak. Die Puma-afrigter, Jimmy Stonehouse, sê die oorwinning het vir hom baie beteken, omdat die jong spelers die geleentheid so aangegryp het.