Nagsê Here #22

--:--
Goeie Naand,

In ‘n wêreld waar ons so baie slegte nuus verneem raak dit moeilik om hoop te bied, want hoop met woorde het ‘n weerklank van “Jy verstaan nie”. Met woorde van hoop kan jy tog iemand anders aanspoor, aanmoedig, waardigheid skep sodat hulle nie doelloos voel nie. Maar wat van jou, hoe baie voel jy net asof woorde van ander jou geensins kan help nie?

Jy soek ook vanaand dalk na die antwoord op die Goedheid van Die Here, deur mense vind jy dit nie. Die Bybel is vol getuienis daaroor, maar die gelese woorde klink so ontoereikbaar. Dit is nie heeltemal waar nie, Die Here wil help en saam met Ps 86 moet jy die woorde oor en oor lees, Dawid se gebed: “Want U, o Here, is goed en vergewensgesind en groot van goedertierenheid vir almal wat U aanroep. Here, luister na my gebed en let op die stem van my smekinge.” Dan kan jy ook erken dat ie goedheid van Die Here geen perke het nie, dit ken geen perke nie, maar is ‘n werklikheid op ‘n tyd wat Hy bestem.

Wanneer ons hierdie gebed weer lees besef ons dat Hy in Sy Goedheid ook vergifnis bring, ‘n stille tevredenheid van wat in die verlede is bly daar, dit is jyself wat dit, wat Die Here versag het, vergewe het, lewendig hou. In Sy Goedertierendheid help Hy jou self daarmee, met jou seer, jou onthou, jou bekommernisse en verlange. Al wat jy moet weet is dat as jy Hom vra om na jou te luister en aandag aan jou smekinge te gee, Hy dit wel doen terwyl jy wag op Sy antwoord. Mag jy vanaand ervaar dat as jy verby jou probleme en sugtings kyk, jy Die Here raaksien wat jou omhels met Sy liefde.

AMEN

Nagsê Here.
24 Jun 2023 1AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Nagsê Here #45

Goeie Naand, Hoevele male het jy nie al gehuiwer om die regte woorde te vind nie. Selfs met gebed sukkel jy, wat is dit wat jy graag wil bid, wil vra, wil afsmeek by Die Here. Jy wil nie selfsugtig klink nie, ook nie te desperaat nie, miskien wonder jy…
27 Aug 2023 3AM 2 min

Nagsê Here #44

Goeie Naand, Die dinge of goeters wat met mens gebeur, baie keer deur eie keuses, dom keuses of onwetend laat jou nogal met hande in die hare. Hoe gaan jy deurkom, hoe gaan jy oorlewe, hoe kan jy dinge regmaak, wat moet jy antwoord en aan wie, wat moet jy…
27 Aug 2023 2AM 2 min

Nagsê Here #43

Goeie Naand, Dink jy Die Here het ‘n droom vir jou? Sou dit beter klink as die vraag is; het Die Here het gedroom en jou vir ‘n doel geskep hier op aarde? Miskien wil jy nou antwoord dat die lewe geen droom wêreld is nie, met dit gesê kan…
27 Aug 2023 2AM 2 min

Nagsê Here #42

Goeie Naand, Jy lees ook Die Bybel en soms tref verse jou net anders asof jy dan eers die werklike betekenis verstaan. Die onlangse jare het my ook deur spanningsvolle tye gebring en vrae na waarheid en opregtheid. Willens en wetens het ek ook gewaag waar engele sou huiwer, mense…
27 Aug 2023 2AM 3 min

Nagsê Here #41

Goeie Naand, Hoe lekker sal dit nie wees as almal saam kan lag en vrede hê nie? Sou jy gevra word wat hoop beteken, sal jy kan antwoord dat almal gelukkig moet wees? Kyk en luister maar na mense, feitlik almal beleef een of ander tyd mislukte verhoudings, seerkry verhoudings,…
20 Jul 2023 2AM 2 min