
Innibos waarsku oor webtuiste wat valslik feeskaartjies verkoop
Loading player...
Innibos Kunstefees het voornemende feesgangers daarteen gewaarsku om kaartjies op Viagogo se webblad te koop. Volgens die fees is dit 'n vals profiel en is Computicket die enigste wettige kaartjieverkope platform. Die Laeveldse Kunstefees skop Donderdag in Nelspruit af. Dit word hierdie jaar weer in volle swang aangebied en beloof vermaak vir die hele gesin. Die tema is: "Vars". Die bemarkingsbestuurder van die fees, Sandra Jacobs, sê die hoofverhoogkonserte is baie gewild onder feesgangers.