Verkeersbeamptes moet na-ure werk om Komatipoort krisis hok te slaan
Loading player...
Verkeersbeamptes moet na-ure begin werk om die opeenhoping van vragmotors onderweg na die Lebombo-grenspos in Komatipoort op te los. So sê die operasionele beampte van die Kruger Laeveld Kamer vir Sake en Toerisme, Linda Grimbeek.
Sy sê die feit dat taxi-verenigings dit nou op hulself geneem het om die verkeer te probeer beheer, dui op hoe keelvol alle inwoners is. Sy voeg by dit vererger die probleem dat die grenspos 24-uur oop is, maar verkeersbeamptes nie werk nie.