Action SA sê Kubaanse dokters kry voorkeur bo Suid-Afrikaners in Mpumalanga

Loading player...
ActionSA in Mpumalanga sê die provinsiale department van gesondheid het plaaslike intern-dokters uit hul hospitaal verblyf gesit om eerder Kubaanse dokters te huisves.
Volgens Thoko Mashiane, provinsiale voorsitter van Action SA moes die kandidaatdokters hul eie verblyfsreëlings tref. Hy sê hulle is ook teleurgesteld dat Kubaanse dokters werk terwyl gekwalifiseerde Suid-Afrikaanse dokters sonder werk is. Die party beplan om more ‘n memorandum van klagtes aan die LUR vir gesondheid, Sasekani Manzini, te oorhandig by Ermelo-hospitaal.
5 Jul 2023 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Pumas soek tuis halfeind in SA Beker

Die Airlink Pumas het die Boland Kavaliers Sondag by Mbombela-stadion met 38-31 geklop in 'n riller wat agt drieë opgelewer het in die SA Beker. Dit plaas hulle, met 33 punte, tweede op die punteleer na Griekwas met 40 met die Cheetahs in derde plek met 30 punte. met slegs…
5 May 5AM 9 min

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min