
DA vra dat Mpumalanga nie tuissorg begroting sny nie
Loading player...
Die DA in Mpumalanga doen ‘n beroep op die provinsiale Departement van Gesondheid om planne om die begroting vir tuis-sorg te sny, te heroorweeg. LPW Jane Sithole sê dié begroting, wat sorg verskaf aan kritiek siek pasiënte wat nie by klinieke of hospitale behandel kan word nie, is met 60% gesny. Sy sê daarteenoor is die begroting vir die hospitaal se rade met 114% verhoog.