
Groot koue is vir die naweek op pad
Loading player...
‘n Hewige koue front sal na verwagting vandag in die Wes-Kaap aanland. Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) sal dit teen Sondag en Maandag temperature in die Laeveld ook aansienlik laat daal. Weervoorspeller, Lehlohonolo Thobela, sê areas rondom Emakhazeni en die platorand kan moontlik sneeu verwag. Dit sluit in Volksrust, Belfast, Dullstroom en selfs Lydenburg. Reën word ook verwag.