
Polisie vra inligting om mense wat vragmotors aan die brand steek aan te keer
Loading player...
Die provinsiale polisiekommissaris, luitenant-generaal Semakaleng Manamela, het die brandstigting aan vyf vragmotors op die N4 tussen die Waterval Boven-tonnel en Waterval Onder veroordeel. Mpumalanga polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, sê die motief is tans onbekend. Geen arrestasies is nog gemaak nie.