
Nog vier vragmotors brand in Mpumalanga
Loading player...
Nog vier vragmotors is vanoggend vroeg aan die brand gesteek in Mpumalanga. Dit volg op vyf vragmotors wat kort voor middernag Sondagaand op die N4 by Waterval Boven aan die brand gesteek is. Volgens die polisie het die jongste voorval om ongeveer half 6 vanoggend op die N2 tussen Piet Retief en Ermelo plaasgevind. Drie vragmotors is erg gebrand. Van een het slegs die kajuit gebrand. Een vroulike passasier wat in ‘n vragmotor aan die slaap was het brandwonde aan haar voete opgedoen. Die polisiewoordvoerder Brigadier Selvy Mohlala: