
Valke Mpumalanga waarsku teen geldskieters
Loading player...
‘n 52-jarige werknemer van die polisie verskyn vandag in die Hazyview-hof op aanklagte van bedrog na hy gister deur die Valke aangekeer is. Volgens die woordvoerder van die Ondersoekdirektoraat vir Prioriteitsmisdade in Mpumalanga, kaptein Dineo Sekgotodi, het die persoon as ‘n informele geldskieter gewerk. Sy sê hy was in besit van 120 bankkaarte wat aan sy verskillende slagoffers behoort.