
Wêreld Goudpan-kampioenskappe skop Sondag in Pelgrimsrus af
Loading player...
Die Wêreld Goudpan-kampioenskappe vind vanjaar in Mpumalanga plaas. Dit skop Sondag in Pelgrimsrus af met 'n amptelike openingseremonie. Die kompetisie duur tot 12 Augustus. Deelnemers van 21 lande sal meeding om as wêreldkampioene gekroon te word. Die provinsiale regering sê dit is ‘n gulde geleentheid en beloof ‘n opwindende kompetisie. Sanjay Singh, van die provinsiale departement van Sport en Ontspanning, nooi 'n ieder en elk om dit te ondersteun.