
Gevaarlike wapens in Masoyi gekonfiskeer
Loading player...
Die provinsiale hoof van die Valke in Mpumalanga, generaal-majoor Nico Gerber het die multidissiplinêre operasie geloof waartydens gevaarlike wapens Vrydagoggend in ‘n huis in Phola, Masoyi gekonfiskeer is. Volgens die woordvoerder van die Valke, Kaptein Dineo Sekgotodi, hou dit verband met ‘n ondersoek na ‘n reeks rooftogte wat in Hazyview uitgevoer is. Vier AK-47’s, 15 magasyne en 345 rondes ammunisie is in die plafon versteek gevind, sowel as ‘n verskeidenheid ploftoestelle om in transitorooftogte te gebruik en as koeëlvaste baadjies.