Lunch Punch: Nadia Beukes oor die Blissful Cleft Foundation se Beskerm Jou Hart konsert

Loading player...
Beskerm jou hart.

Dié jaar gesels ons saam oor hoe om jou hart te beskerm. Kom gesels en kuier saam met Nadia Beukes, radio omroeper en motiveringspreker Suné-Chari Sutton, aktrise Christel van den Berg, omroeper Sue Pyler, kasbeplanner en stillis Nadia Potgieter en verloskundige en ginekoloog Dr Sandy Koen.

Met spesiale gaste:
Komediant Hannes Brümmer en sangeres Deidre Barnard.

Die oggend gaan propvol lag, hartsake deel, hoop en bederf wees, ter viering van Vrouwees. Ons vat hande met die Blissful Cleft Foundation om bewusmaking te skep oor Spleet defekte en gebruik graag die geleentheid om geld in te samel om vir nog ‘n kind ‘n vir ewig glimlag te kan skenk.

In samewerking met die Atterbury Teater, Atterbury Trust en GROOTfm is die dag spesiaal beplan om saam as vrouens ons harte en menswees te kan vier.

Met spesiale dank aan 1659 Wine Estate, Plaaslik, Stephnie’s, Rooi Rose, Soek Sonbrille, Trouvaille Boutique Spa, Miekeraai, Whisk Away, Glare Modern Vintage, Nicole’s Macaroons, Konfetti Love, One Fine Day, Nova Medical Aesthetics & Lamelle wat reg staan om elkeen te bederf met alles van gekenkpakke tot ‘n in-huis markie, verwelkomingsdrankies en die heerlikste soet en sout bederfies.

Moenie die oggend misloop nie! Bespreek julle kaartjies aanlyn by die Atterbury Teater vir 9 Augustus en kom kuier saam om jou hart met liefde te vul en top tips te kry oor hoe om jou hart te beskerm.

Deure open reeds 9:30 vir verwelkomingsdrankies en ‘n ligte versnappering wat ingesluit is in jou kaartjie prys.
4 Aug 2023 Afrikaans South Africa Music

Other recent episodes

Route326: Stef Bos oor 'Die Lewe Moet 'n Wals Wees'

Anelma loer in by Stef Bos. Met ‘n uitverkoopte vertoning (Stef Bos - Die Lewe Moet 'n Wals Wees) by die Fairtree Atterbury Teater, is daar geen bemarking nodig nie. Anelma gesels met hierdie ikoon van ‘n kunstenaar wat oor kontinente reis, taal en tyd spronge maak en elke liedjie…
27 Jan 26 min

Route326: Praating met Peach van Pletzen AKA Groothond

Peach van Pletzen van Praating, kry hierdie keer die Q’s en moet die A’s gee... Francois van Rensburg en Anelma van Heerden van #Route326 op GROOTfm 90.5, draai die kaarte om en gaan besoek hom in sy ateljee ‘Planet Awesome’ in Johannesburg. Groothond leer hulle hoe om te blaf en…
23 Jan 34 min