
DA sê mikrobiologiese kwaliteit van water in Mpumalanga die swakste
Loading player...
Die DA in Mpumalanga sê die mikrobiologiese kwaliteit van water in Mpumalanga is die swakste in die land. Dit is volgens die Bloudruppel-verslag vir 2022/23 wat in Junie vrygestel is. DA-lid Trudie Grové-Morgan sê 15 van die 17 stelsels in die provinsie word as goed tot gemiddeld beskou, maar die water in by 14 dop die kwaliteit-toets. Sy sê dit hou ‘n groot gesondheidsrisiko in en die Departement van Samewerkende Regering moet dringend ingryp.