
Parkeweek is om die draai
Loading player...
Die lente is hier en hierdie Erfenismaand bied SANParke die Suid-Afrikaanse Nasionale Parkeweek aan. Vanaf 18 tot 22 September kan Suid-Afrikaners gratis toegang tot die Krugerwildtuin verkry as dagbesoekers. Die woordvoerder van die wildtuin, ike Phaahla, sê die doel van die week is vir mense om hul natuurlike erfenis te vier en beter te leer ken.