Lunch Punch: CH2 oor Boere Olé

Loading player...
CH2 oor Boere Olé.

CH2, een van die mees geliefde en talentvolle musiekgroepe in Suid-Afrika, bied met trots hul nuwe vertoning genaamd “Boere Olé” aan by Atterbury Teater. Hierdie buitengewone produksie bring ‘n unieke en opwindende kombinasie van die mees geliefde Afrikaanse meesterstukke soos VYFSTER, TUSSEN TREINE en ARENDE, wat deurweef is met CH2 se unieke instrumentale kitaar Spaanse-kitaar styl.

Op 7 September 2023 om 19:00 kan jy dié nostalgiese vertoning beleef. Berei jou voor vir ‘n aand propvol herinneringe, opwinding en dans terwyl CH2 hul eie grense uitdaag om ook al vinniger te speel. Hierdie vertoning is nie net ‘n bron van vermaak nie, maar ook ‘n inspirasiebron vir elke gehoorlid. Boere Olé sal jou hart laat sing en jou siel laat dans!
1 Sep 2023 Afrikaans South Africa Music

Other recent episodes

Route326: Stef Bos oor 'Die Lewe Moet 'n Wals Wees'

Anelma loer in by Stef Bos. Met ‘n uitverkoopte vertoning (Stef Bos - Die Lewe Moet 'n Wals Wees) by die Fairtree Atterbury Teater, is daar geen bemarking nodig nie. Anelma gesels met hierdie ikoon van ‘n kunstenaar wat oor kontinente reis, taal en tyd spronge maak en elke liedjie…
27 Jan 26 min

Route326: Praating met Peach van Pletzen AKA Groothond

Peach van Pletzen van Praating, kry hierdie keer die Q’s en moet die A’s gee... Francois van Rensburg en Anelma van Heerden van #Route326 op GROOTfm 90.5, draai die kaarte om en gaan besoek hom in sy ateljee ‘Planet Awesome’ in Johannesburg. Groothond leer hulle hoe om te blaf en…
23 Jan 34 min