Vier ondervra na diefstal van duisende liters diesel

Loading player...
Die polisie in Komatipoort het vier mans vir ondervraging ingeneem ná meer as 32-duisend liter diesel gesteel is vanaf 'n vragmotor wat Donderdagaand in Hectorspruit gekaap is. Volgens die polisie het die bestuurder by 'n vulstasie op die N4 gestop. Met sy terugkeer van ‘n kiosk is hy deur drie gewapende mans met 'n vuurwapen aangehou en aangerand. Hulle het die vragmotor, gelaai met diesel, naby Komatipoort agtergelaat na hulle die diesel afgetap het. Oplettende polisiebeamptes het JoJo-tenks langs die N4 in Hectorspruit opgemerk en by ondersoek bepaal hulle bevat diesel.
11 Sep 2023 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Pumas soek tuis halfeind in SA Beker

Die Airlink Pumas het die Boland Kavaliers Sondag by Mbombela-stadion met 38-31 geklop in 'n riller wat agt drieë opgelewer het in die SA Beker. Dit plaas hulle, met 33 punte, tweede op die punteleer na Griekwas met 40 met die Cheetahs in derde plek met 30 punte. met slegs…
5 May 5AM 9 min

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min