
Vier ondervra na diefstal van duisende liters diesel
Loading player...
Die polisie in Komatipoort het vier mans vir ondervraging ingeneem ná meer as 32-duisend liter diesel gesteel is vanaf 'n vragmotor wat Donderdagaand in Hectorspruit gekaap is. Volgens die polisie het die bestuurder by 'n vulstasie op die N4 gestop. Met sy terugkeer van ‘n kiosk is hy deur drie gewapende mans met 'n vuurwapen aangehou en aangerand. Hulle het die vragmotor, gelaai met diesel, naby Komatipoort agtergelaat na hulle die diesel afgetap het. Oplettende polisiebeamptes het JoJo-tenks langs die N4 in Hectorspruit opgemerk en by ondersoek bepaal hulle bevat diesel.