
Nelspruit Eisteddfod hou na vier jaar weer 'n gala-aand
Loading player...
Die Nelspruit Eisteddfod kan vanjaar vir die eerste keer in vier jaar sedert die grendeltydperk weer ‘n gala-aand aanbied. Eugené Wait, die organiseerder van die kuns-afdeling, reël ook hierdie spog-geleentheid. Sy sê soos elke jaar is die plaaslike talent oorweldigend en was dit baie moeilik vir die organiseerders om te bepaal wie almal op kan tree.