
68 vermeende onwettige mynwerkers vasgetrek in Sabie
Loading player...
# 68 verdagtes verskyn vandag in die Sabie-landdroshof op aanklagte wat verband hou met onwettige mynbedrywighede. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, volg dit op ‘n ondersoek wat geloods is na ‘n slagoffer van Lesotho in Augustus ‘n saak van ontvoering by die Sabie-polisiestasie aangemeld het. Onder die beskuldigdes is agt wat vermoedelik agter die ontvoering was. Die voorlopige ondersoek dui aan dat twee van die verdagtes na bewering betrokke is by mensehandel vanaf Lesotho vir onwettige mynbou in die Sabie-omgewing.