
Gesprekke vorder om munisipale dienste na Kaapsehoop te bring
Loading player...
Gesprekke tussen rolspelers het begin om basiese dienste na Kaapsehoop te bring. Volgens Linda Grimbeek van die Kruger Kamer vir Sake en Toerisme (KLCBT) onderhou inwoners van hierdie toerismedorp self al hul paaie en parke. Hulle is ook verantwoordelik vir die verwydering van hul eie riool en vullis. Die KLCBT beoog om onder meer 'n afval-tot-energie-aanleg op te rig, hetsy met die ondersteuning van Mbombela of as 'n stadsverbeteringsdistrik.