Lunch Punch: West se Ernie Bates, Mac Young en Hugo Hewitt in Atterbury Kollig

Loading player...
Die Amerikaanse countrylegende Charley Pride het een keer opgemerk: “It isn’t reasonable to expect that everyone in the world is a country music fan.” En toe met ‘n glimlag bygevoeg: “Not yet, anyway.”

Aanhangers van countrymusiek en musiekliefhebbers in die algemeen kan gerus notisie neem van West, die treffergroep bestaande uit Ernie Bates (van Overtone-faam), Mac Young en Hugo Hewitt. Die driemanskap blaas nuwe lewe in countrymusiek met hulle harmonieuse vertolking van countrytreffers wat nie net gesoute aanhangers tevrede sal stel nie, maar ook van ‘n nuwe generasie aanhangers maak. Dis dan ook heel gepas dat Charley Pride se “I’m So Afraid of Losing You Again” een van die treffers is op West se debuutalbum. Die groep het intussen nog twee albums vrygestel – “West Two” en “West Tribute”. Laasgenoemde bring hulde aan legendes Don Williams, Waylon Jennings en Charley Pride.
22 Sep 2023 Afrikaans South Africa Music

Other recent episodes

Route326: Stef Bos oor 'Die Lewe Moet 'n Wals Wees'

Anelma loer in by Stef Bos. Met ‘n uitverkoopte vertoning (Stef Bos - Die Lewe Moet 'n Wals Wees) by die Fairtree Atterbury Teater, is daar geen bemarking nodig nie. Anelma gesels met hierdie ikoon van ‘n kunstenaar wat oor kontinente reis, taal en tyd spronge maak en elke liedjie…
27 Jan 26 min

Route326: Praating met Peach van Pletzen AKA Groothond

Peach van Pletzen van Praating, kry hierdie keer die Q’s en moet die A’s gee... Francois van Rensburg en Anelma van Heerden van #Route326 op GROOTfm 90.5, draai die kaarte om en gaan besoek hom in sy ateljee ‘Planet Awesome’ in Johannesburg. Groothond leer hulle hoe om te blaf en…
23 Jan 34 min