Sondagaand Erediens - Past Deon Bosch

Loading player...
PREDIKER 3
Elke ding het sy vaste tyd
1Elke ding het sy vaste tyd,
elke ding in hierdie wêreld het sy tyd:
2daar is 'n tyd om gebore te word, 'n tyd om te sterwe,
'n tyd om te plant, 'n tyd om plante uit te trek,
3'n tyd om 'n lewe te neem, 'n tyd om 'n lewe te red,
'n tyd om af te breek, 'n tyd om te bou,
4'n tyd om te huil, 'n tyd om te lag,
'n tyd om te treur, 'n tyd om van blydskap te dans,
5'n tyd om klippe weg te gooi, 'n tyd om hulle bymekaar te maak,
'n tyd om te omhels, 'n tyd om weg te bly van omhelsing af,
6'n tyd om aan te skaf, 'n tyd om te laat wegraak,
'n tyd om te spaar, 'n tyd om weg te gooi,
7'n tyd om te skeur, 'n tyd om toe te werk,
'n tyd om stil te bly, 'n tyd om te praat,
8'n tyd om lief te hê, 'n tyd om te haat,
'n tyd vir oorlog, 'n tyd vir vrede.
9Wat kry die mens vir die werk waarmee hy hom vermoei?
10Ek het gesien dat God aan die mens 'n taak gegee het om hom mee besig te hou. 11God het elke ding gemaak dat dit pas in 'n bepaalde tyd, maar Hy het ook aan die mens 'n besef gegee van die onbepaalde tyd. Tog kan die mens die werk van God van begin tot einde nie begryp nie.
1 Oct 2023 1PM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Woensdag Oggenddiens - Past Marius Jacobs

JOHANNES 15 Die ware wingerdstok 1“Ek is die ware wingerdstok en my Vader is die boer. 2Elke loot aan My wat nie vrugte dra nie, sny Hy af; maar elkeen wat vrugte dra, snoei Hy reg, sodat dit nog meer vrugte kan dra. 3Julle is alreeds reg gesnoei deur die…
24 Jun 2AM 10 min

Maandag Oggenddiens - Past Marius Jacobs

HEBREËRS 12 Die oog moet op Jesus gevestig wees 1Terwyl ons dan so 'n groot skare geloofsgetuies rondom ons het, laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop, 2die oog gevestig…
22 Jun 2AM 10 min

Sondagaand Erediens - Ds Zak Scholtz

MARKUS 14 Jesus se dood word beplan (Matt. 26:1-5; Luk. 22:1-2; Joh. 11:45-53) 1Twee dae later sou dit die paasfees en die fees van die ongesuurde brood wees. Die priesterhoofde en die skrifgeleerdes was op soek na 'n plan om Jesus op 'n slinkse manier gevange te neem en dood…
21 Jun 1PM 29 min

Sondagoggend Erediens - Ds Zak Scholtz

RIGTERS 6 Gideon 1Die Israeliete het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here, en Hy het hulle sewe jaar lank oorgegee in die mag van die Midianiete. 2Hulle het die Israeliete hard behandel, en daarom het hulle langs die bergstroompies, in grotte en in ander ontoeganklike plekke…
21 Jun 3AM 30 min