Lily Myn tragedie: Families kondig môre volgende stappe aan

Loading player...
Verteenwoordigers van ActionSA sowel as die familielede van die mynwerkers wie se liggame sedert die ineenstorting by Lily Myn in 2016 ondergronds vasgekeer is, sal môre die myn in Low’s Creek besoek om hul volgende beplande stappe aan te kondig. Dit volg na die Konstitusionele Hof verlede week finaal beslis het dat die myn se krediteure oor die sakereddingsplan moet stem. Die Nelspruit-landdroshof het ook na ‘n geregtelike doodsondersoek bevind Vantage Goldfields, die polisie en die Departement van Minerale Bronne en Energie het almal hul plig versuim. Die woordvoerder van ActionSA, Samkelo Mgobozi, sê die party bly daartoe verbind om te verseker die liggame van Yvonne Mnisi, Solomon Nyirende en Pretty Nkambule word na die oppervlak gebring.
23 Oct 2023 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Pumas soek tuis halfeind in SA Beker

Die Airlink Pumas het die Boland Kavaliers Sondag by Mbombela-stadion met 38-31 geklop in 'n riller wat agt drieë opgelewer het in die SA Beker. Dit plaas hulle, met 33 punte, tweede op die punteleer na Griekwas met 40 met die Cheetahs in derde plek met 30 punte. met slegs…
5 May 5AM 9 min

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min