
Bendelid kry 25-jaar in Mhala-hof
Loading player...
‘n Lid van die sogenaamde “Ellysis"-bende wat die gemeenskappe van Marite en Calcutta geterroriseer het, is gister tronk toe gestuur vir ‘n reeks rooftogte. Shane Ngutshane is deur die Mhala-streekshof gevangenisstraf van effektief 25 jaar opgelê vir drie rowe wat tussen April 2014 en Julie 2020 uitgevoer is. Volgens die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, Kaptein Dineo Sekgotodi, is sake hangende teen ander vermeende bendelede.