
Polisie pleit vir kalmte by Lebombo
Loading player...
Die Mpumalanga polisie pleit vir kalmte na vragmotorbestuurders en lede van die Lebombo taxi-vereniging Vrydag en Saterdag koppe gestamp het in Komatipoort. Ingange is versper en die Lebombo-grenspos is tydelik gesluit na ‘n vragmotorbestuurder in sy been geskiet is en twee voertuie van die taxi-vereniging sowel as twee vragmotors aan die brand gesteek is. Die polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, sê vragmotorbetstuurders is ontvrede dat dit dae neem om die grens na Mosambiek oor te steek.