
DA sê ANC gebruik Mkhondo-kosskool as kontantkoei
Loading player...
Die DA in Mpumalanga beskuldig die ANC daarvan dat hy die Mkhondo-kosskool naby Piet Retief as ‘n kontantkoei gebruik. DA-lid Jane Sithole sê bouwerk het in 2018 begin en moes 18 maande neem teen ‘n beraamde koste van 200-miljoen-Rand. Dit is egter steeds nie eens halfpad klaar nie, terwyl boukoste sover tot 665-miljoen-Rand geëskaleer het. Volgens Sithole loop die projek dieselfde paadjie as ander groot projekte soos die Varsproduktemark en Parlementêre behuisingsprojek in Mbombela.