Vrou buite taverne doodgeskiet toe sy aartappelskyfies probeer koop

Loading player...
# 'n 23-jarige man het gister in die Bosbokrand-landdroshof verskyn op 'n aanklag van moord. Dit volg op die dood Saterdagoggend van 'n 22-jarige vrou toe sy geskiet is terwyl sy in 'n motor buite 'n taverne gesit het. Volgens die polisie het sy en haar vriende daar parkeer om aartappelskyfies te koop. Die verdagte het van die taverne, wat gesluit was, af gekom en hulle opdrag gegee om te vertrek. Hy het glo verskeie skote in die rigting van hul voertuig afgevuur. Hulle het die toneel verlaat en toe besef die slagoffer bloei. Sy is na Mapulaneng-hospitaal gehaas waar sy omstreeks 3-uur weens haar wonde beswyk het.
5 Dec 2023 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Pumas soek tuis halfeind in SA Beker

Die Airlink Pumas het die Boland Kavaliers Sondag by Mbombela-stadion met 38-31 geklop in 'n riller wat agt drieë opgelewer het in die SA Beker. Dit plaas hulle, met 33 punte, tweede op die punteleer na Griekwas met 40 met die Cheetahs in derde plek met 30 punte. met slegs…
5 May 5AM 9 min

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min