Spreading Joy I Ons gee R5000 se kruideniersware weg (Dag 4)

Loading player...
SPREADING JOY MET SPAR WES-KAAP - DAG 4:

Hierdie Kerstyd staan ons stil by dié vir wie dit ’n rowwe jaar was. Saam met Spar Weskaap verras ons 5 gesinne met ‘n trollie vol kruideniersware.

Vanoggend het ons Eveleen Swanepoel van Bellville-Suid gaan verras. As SASSA pensionaris gebruik sy haar pensioen om kos te maak vir die mense wat behoeftig is in haar omgewing. Sy hou sopkombuise en maak seker dat die honger kinders gevoed word uit wat sy ook al tot haar beskikking het. Eveleen was in trane by die aanhoor van haar geskenkbewys om aan te hou om mense in nood te help.

#spreadingjoy #inspirasie #motivering #radiotygerberggeehoop
7 Dec 2023 English South Africa Christianity

Other recent episodes

LUNCH | Reinhard gesels met Suzanne Van Der Merwe

Reinhard gesels met Suzanne van der Merwe, wat besluit het om vir haar 40ste verjaarsdag, van Robbenieland na Blouberg (Eden on the Bay) te swem…e nook vir ‘n goeie doel. Sy wil graag R40 000 insamel vir behoeftige kinders. Me van der Merwe is ‘n odnerwysers by Hoërskool Stellenberg.
28 Mar 8 min