Lunch Punch: Liam Bosman bekend as Johan Swarts in Diepe Waters oor sy debuutenkelsnit Brief Vir Jou

Loading player...
Akteur en nou ook sanger, LIAM BOSMAN, het sy debuut enkelsnit, BRIEF VIR JOU vrygestel. LIAM, bekend vir sy rolle in bekende TV reekse en films soos Diepe Waters, Vir Die Voëls, Mooiweer en Warm, Dinge van ’n Kind, Doop en vele meer, is ook onlangs vereer by die jaarlikse Silwerskermfees met ’n nominasie vir ‘Beste nuweling in ’n telenovela of sepie’ vir sy rol in Diepe Waters.

BRIEF VIR JOU, LIAM se eerste enkelsnit, is in September vanjaar geskryf.

Alhoewel hy as kind kitaarlesse vir ’n wyle geneem het en in ’n musikale huis omring deur die klanke van Neil Diamond, Pink Floyd en Eric Clapton groot geword het, het hy nooit gedink sy stem is gepas vir professionele sang nie. Dit was eers na sy beste vriend hom aangemoedig het om sang verder te verken, dat hy een dag na werk besluit het om studios in Johannesburg te ‘google’ en die bal aan die rol te sit.
11 Dec 2023 Afrikaans South Africa Music

Other recent episodes

Route326: Stef Bos oor 'Die Lewe Moet 'n Wals Wees'

Anelma loer in by Stef Bos. Met ‘n uitverkoopte vertoning (Stef Bos - Die Lewe Moet 'n Wals Wees) by die Fairtree Atterbury Teater, is daar geen bemarking nodig nie. Anelma gesels met hierdie ikoon van ‘n kunstenaar wat oor kontinente reis, taal en tyd spronge maak en elke liedjie…
27 Jan 26 min

Route326: Praating met Peach van Pletzen AKA Groothond

Peach van Pletzen van Praating, kry hierdie keer die Q’s en moet die A’s gee... Francois van Rensburg en Anelma van Heerden van #Route326 op GROOTfm 90.5, draai die kaarte om en gaan besoek hom in sy ateljee ‘Planet Awesome’ in Johannesburg. Groothond leer hulle hoe om te blaf en…
23 Jan 34 min