
Twee vermeende transitorowers in 2024 verhoor
Loading player...
Twee vermeende transitorowers sal in Oktober in die Mpumalanga Hooggeregshof in Mbombela verhoor word. Fortune Matsane en Nkosinathi Khumalo staan tereg op aanklagte van moord, gewapende roof en besit van gesteelde eiendom. Volgens die Valke hou dit verband met ‘n roof wat op 16 April 2021 by ‘n vulstasie in Kabokweni uitgevoer is op ‘n G4S-gepantserde voertuig. ‘n Sekuriteitswag is daartydens doodgeskiet. Volgens die woordvoerder van die Valke, Kaptein Dineo Sekgotodi, word nog arrestasies verwag.