
LUR doen beroep op padgebruikers om verantwoordelik te bestuur
Loading player...
Die LUR vir Gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, Vusi Shongwe, doen ‘n beroep op alle padgebruikers om gedurende hierdie feestyd verantwoordelik op die paaie te wees. Dit volg na verskeie botsings Saterdagoggend 13 lewens geëis het. Die woordvoerder van die departement, Moeti Mmusi, vra dat motoriste dit vermy om die spoedgrens te oorskry en moedig hulle aan om te verseker dat hul voertuie padwaardig is. Bestuurders moet ook gereeld rus wanneer hulle lang afstande aflê.