
E-leer proefprogram by agt skole geloods vir 2024
Loading player...
Alle leerders by Driekopies Sekondêre Skool in Nkomazi-munisipaliteit ontvang more tablette wat ten volle toegerus is met opvoedkundige aanvullende materiaal. Dit is deel van die volskaalse Ubuhlebuzile e-leer proefprogram wat die LUR, Bonakele Majuba, tydens die staat van gereedheid-perskonferensie aangekondig het voor die aanvang van die 2024 akademiese jaar. Driekopies is een van agt sekondêre skole wat in elke distrik gekies is om die volle implementering van die e-leerprogram te loods. Die tablette is deur Statistieke Suid-Afrika geskenk. Die woordvoerder van die onderwysdepartement, Gerald Sambo: