
Valke soek veroordeelde moordenaar vir polisiebeampte se skietdood
Loading player...
Die Valke sê hulle soek na ‘n veroordeelde moordenaar wat Saterdagaand ‘n polisiebeampte wat van diens af was by ‘n karwassery in Kanyamazane doodgeskiet het. Kaptein Sibusiso Mthombothi het die aand sy private voertuig laat was, toe die verdagte teen hom vasgery het en ‘n argument het ontstaan. Volgens die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, Kaptein Dineo Sekgotodi, gebruik die verdagte, Sibusiso Jacky Maseko, ook die van “Ntwane”. Hy is vroeër die maand op parool vrygelaat na hy tronkstraf uitgedien het vir dubbele moord.