
Man in hof weens groot aantal vuurwapens
Loading player...
‘n 67-jarige man is gistermiddag gearresteer na 106 vuurwapens met 1-duisend-704 rondes ammunisie in sy besit gevind is. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, het hulle ‘n wenk ontvang oor ‘n groot aantal vuurwapens wat by die man se huis in Elukwatini gehou word. Die vonds sluit in jaggewere, haelgewere en pistole en dit was onder meer onder ‘n bed en in ‘n kas gebere. Die man is glo betrokke by ‘n sekuriteitsmaatskappy, maar verskeie van die vuurwapenlisensies het verval. Hy verskyn vandag in die Chief Albert Luthuli-landdroshof op aanklagte van die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie.