
Vermeende vragmotorkaper verskyn vandag in Standerton-hof
Loading player...
'n Man sal vandag in die Standerton-landdroshof verskyn op 'n aanklag van die besit van 'n gekaapte vragmotor. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, is die 45-jarige verdagte Donderdagaand aangekeer na 'n vragmotor wat sojabone vervoer het, naby Standerton gekaap is. Hy het probeer vlug en die vragmotor het omgeslaan. Hy was glo in besit van 'n speelgoedgeweer. Volgens Mdhluli is meer as 20 voertuie sedert die begin van die jaar in Mpumalanga teruggekry.